Voorblad


 
Die Afrikaanse Suiderkruis kerk is gebore uit 'n behoefte van Suid Afrikaners in Nederland om in hulle eie taal die Woord van die Here te mag hoor en die gemeenskap van gelowiges met mede Suid Afrikaners te ervaar. Die doel van die kerk is om Suid Afrikaners wat net in Nederland aangekom het, maar ook die wat al lank reeds hier woon, 'n geleentheid te bied om die geborgenheid van 'n eie kerk en gemeente ook hier in die vreemde te mag ervaar. Aan die ander kant wil die Suiderkruis kerk nie eksklusief wees nie, dit is bedoel vir Suid Afrikaners primer, maar natuurlik is alle mense van alle volke en tradisies by ons welkom. Ook is alle mense uit alle denominasies by ons welkom, as hulle maar weet en aanvaar dat die basis van die kerk gebou is op die drie susterskerke en veral die Nederduitsch Hervormde Kerk in Suid Afrika. Die kerk bestaan dus uit mense van alle denominasies en het selfs vaste Nederlandse lidmate wat met Suid Afrikaanse lidmate getroud is. As gemeentelede heeltemal ingeburger voel in Nederland en graag wil oorgaan na 'n Nederlandse Kerk, moedig ons dit aan en ondersteun ons hulle in hulle besluit.

Die kerk bestaan al byna 3 jaar en het ongeveer 70 vaste lidmate, maar word gereeld besoek deur "Au Pairs", deur familielede van gemeentelede, deur Nederlanders wat nuuskierig is oor ons werkswyse ensovoorts. Die Suiderkruis kerk het 2 tipiese karaktereienskappe. Die eerste is dat ons heel informeel is in ons eredienste alhoewel ons die liturgiese ordes van die Hervormde Kerk volg. Ons hou kerk in die "Jeugdhonk" van 'n Gereformeerde kerk in Leusden en ken dus geen tradisionele dinge soos 'n preekstoel, 'n kerkorrel of aparte sitplekke vir ouderlinge en diakens nie. Die tweede is dat daar in principe geen geld by die gemeente betrokke is nie. Alle offergawes word gebruik om die huur van die gebou te betaal (wat minimaal is) en die oorblywende geld skenk ons 2 keer per jaar aan 'n ander hulpbehoewende groep in Suid Afrika. In 2007 het alle skenkings aan die Danville Hulpprojek in Pretoria gegaan.

Deur die afgelope 3 jaar het die gemeentelede van die Suiderkruis kerk vir mekaar die familie geword wat ons mis en het ons geloof verdiep in die ervaring van die gemeenskap van gelowiges. Hierdie geloofsgroei was nie net beperk tot die eredienste elke Sondag nie, maar dit het oorgegaan in dade waarin hierdie gemeenskap mekaar bystaan in siekte, in nood en selfs as daar nuwelinge in die gemeente gebore word. Daarom staan die kerk se deure oop vir alle mense wat graag saam met ons die naam van die Here wil loof en prys.


 



Missie

Ons missie is om werklik
Kerk van Christus te wees
deur die gemeenskap van
gelowiges uit te leef,
diensbaar te wees vir ons
medemens en getuies te
wees vir Christus deur
ons leer en lewe.


Visie

Ons droom is dat alle
Suid-Afrikaners in Nederland
die voorreg sal hê en die
geleendheid sal aanneem om
deel te mag wees van die
gemeenskap van die gelowiges
en dat hulle geloof in Jesus
Christus daardeur sal groei.


 

Laatste nuus en aktiwiteite

  • Huis Mathys
    Geplaatst 14 feb. 2010 09:05 door Suiderkruis Kerk
  • Bring en braai 19/09/2009 Hallo Almal   Dit is Saterdag 19 September ons kerk se braai.   Ons het toestemming om die Jeugdhonk van drieuur tot negeuur te gebruik. Almal is welkom, so as julle ander ...
    Geplaatst 16 sep. 2009 11:01 door Karel Kotzé
  • Vroueaand 3 April 2009 Hallo Almal Hier is 'n mail van Hester i.v.m. die volgende Vroueaand! Dit klink super gesellig en leersaam! Sonskyngroete   Anneke     Vrydagaand  3 April word daar weer 'n vroueaand ...
    Geplaatst 19 mrt. 2009 09:41 door Karel Kotzé
  • Vroue dag & KreaDoe Hallo Almal Ek het hierdie mail van Hester gekry i.v.m. die vrouedag en stuur dit vir julle almal. Ongelukkig kan ek nie daar wees nie, want ek moet ...
    Geplaatst 20 okt. 2008 11:47 door Leon Broekhuizen
  • Kerkdienste Hallo almal   Die kerkdienste begin weer op 14 September om 10:00.   Groete   Karel en Anneke
    Geplaatst 31 aug. 2008 23:49 door Leon Broekhuizen
Berichten 1 - 5 van 10 worden weergegeven. Meer bekijken »

Laatse preke

Datum preekMP3
22 november 2009 Aflaai 
15 november 2009 Aflaai 
25 oktober 2009 Aflaai 
18 oktober 2009 Aflaai 
11 oktober 2009 Aflaai 
5 items van pagina Preke worden weergegeven, gesorteerd op Datum preek. Meer bekijken »


  Sign in   Terms   Report Abuse   Print page  |  Powered by Google Sites